OJ, nou 70 jaar oud, word as gevangene nr. No. 1027820 in die Lovelock-gevangenis in die noorde van Nevada aangehou. Donderdag het die Nevada-paroolraad sy aansoek om parool oorweeg.

Sy regsverteenwoordiger vir die aansoek om parool is Malcolm LaVergne.

Die paroolraad het eenstemming parool goedgekeur. Hy sal in Oktober vrygelaat word.

OJ se reaksie toe dit bekend word parool word goedgekeur (skermgreep)
OJ se reaksie op vrae van die paroolraad
Ek sou nooit 'n vuurwapen op iemand rig nie - OJ Simpson

Lede van die paroolraad het 'n geleentheid gekry om vrae aan OJ te stel.

Tydens sy vertoë vertel OJ hy is deur Thomas Riccio, 'n afslaer wat hom wou help om sy eiendom terug te kry, aangesê om 'n paar ekstra manne en sekuriteit saam te bring wanneer hy sy aandenkings by die hotel gaan haal. 

"Getuies het dit duidelik gemaak ek het nie daardie dag 'n vuurwapen aan my gehad nie, en ek sou nooit 'n vuurwapen op iemand rig nie," het hy gesê.

"Ek het ook nie vuurwapens gesien nie."

Hy het twee kursusse in konflik-resolusie in die gevangenis gevolg. Hy noem dat hy gereeld om advies gevra word en was ook behulpsaam met die fasilitering van sekere kerkdienste. "Maar ek kon 'n beter Christen gewees het."

Ek het nooit 'n probleem gehad met alkohol nie.

Hy beskryf sy lewe as betreklik konflik-vry.

Het OJ sy alkoholprobleem aangespreek? "Ek het nooit 'n probleem gehad met alkohol nie." Hy erken wel hy het op die dag van die rooftog gedrink.

Ek kan niks oor die mediasirkus vandag hier doen nie, maar as ek destyds beter oordeel aan die dag gelê het, sou ek nie vandag hier gewees het nie.

Hy sê hy is spyt hy het baie van sy kinders se grootwordjare misgeloop het.

"Ek kan niks oor die mediasirkus vandag hier doen nie, maar as ek destyds beter oordeel aan die dag gelê het, sou ek nie vandag hier gewees het nie."

Ek het my tyd uitgedien, ek het vir nege jaar geensins gekla nie.

Van diegene wat beswaar aanteken teen parool vir OJ, verwys na die moord van Nicole en Ronald. Dit word duidelik gemaak daardie besware sal nie in ag geneem word nie.

"Ek het my tyd uitgedien, ek het vir nege jaar geensins gekla nie."

Sou hy aan die streng paroolvoorwaardes kan voldoen? OJ voorsien geen probleem daarmee nie. Hy sê mense herken hom al vandat hy nege jaar oud is en die openbare aandag gaan hom nie affekteer nie.

OJ se dogter lewer emosionele pleidooi

Arnelle Simpson (48), oudste van OJ se vier kinders, het gesukkel om haar emosies onder beheer te bring toe sy oor haar "beste vriend, haar rots" praat al het hy nege jaar gelede 'n verkeerde besluit geneem.

"Ons wil net hê hy moet huistoe kom."


Bruce Fromong, een van OJ se slagoffers

"Ek is nie net hier as sy vriend van byna 27 jaar nie, maar ook as 'n slagoffer van die misdaad van 2007," sê hy.

Hy sê Thomas Riccio het OJ mislei oor die aandenkings (foto's en erfstukke) wat in die hotelkamer sou wees.

Van die items het wel aan OJ behoort. Maar die waarheid is ook ek het nooit enigiets van OJ gesteel nie.

Die aand van die roof was die eerste keer dat Bruce en Thomas mekaar sou ontmoet.

Hy beskryf die aand as 'n baie deurmekaar aand in 'n klein vertrek.

"Dit het my twee jaar in 'n Kaliforniese hof geneem om meer as 600 items weer terug te kry. Van die items het wel aan OJ behoort. Maar die waarheid is ook ek het nooit enigiets van OJ gesteel nie."

Hy plaas die blaam op 'n "gewese vennoot en sy meisie" wat die goed gesteel het. Hy ontken dat OJ ooit 'n vuurwapen in die hand gehad het óf hom sou geslaan het.

"Ons maak almal foute. OJ het syne gemaak. Ek hoor hy is 'n model-gevangene," sê Bruce. Hy beskou OJ nie as 'n bedreiging vir enigeen nie.

"Dis tyd om hom 'n tweede kans te gee."

Hoekom tronkstraf?

Hy is in  2007 in Las Vegas, Nevada in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en ontvoering.

Bruce Fromong, die enigste oorlewende slagoffer van OJ se gewapende roof in 2007, ondersteun sy vrylating.

"Ek het nooit gedink die misdad regverdig so 'n lang vonnis nie," het hy gesê.

Bruce en OJ was vriende in die 1990's en hulle het saam aandenkingstransaksies beklink. Dit was glo juis OJ se motief om sy eie persoonlike aandenkings en familie-erfstukke van sy eertydse vriend weer in die hande te kry.

Alfred Beardsly, die tweede slagoffer, het in 2015 gesterf.

Sy dobbelspel met die lede van die jurie tydens sy verhoor het hom duur te staan gekom. 

Na 13 uur van beraadslaging kom hulle ooreen en OJ word skuldig bevind aan ontvoering, gewapende roof en 10 bykomende klagtes.

Hy word in 2008 tot 33 jaar gevangenisstraf opgelê waarvan hy minstens nege jaar moet uitdien alvorens hy vir parool oorweeg kan word. En daardie nege jaar is so pas verstreke.

OJ - die gevalle held

Dit was een van die opspraakwekkendste moorde wat die wêreld in 1994 geruk het: die moord op OJ Simpson se eksvrou, Nicole, en ’n kelner genaamd Ronald Lyle Goldman.

Die voormalige professionele voetbalspeler wat ook soms op die silwerdoek sy verskyning gemaak het, is aangekla van die gru-dade en ná ’n marathon van agt maande in die hof, is hy vrygespreek op die aanklagte.

As die handskoen nie pas nie, moet jy vrygespreek word.

Sy vernuftige hoëprofielregspan, aanvanklik onder leiding van Robert Shapiro en later Johnnie Cochran, het voldoende twyfel gesaai rondom DNS-getuienis wat genoeg was om die kwessie oor redelike twyfel van die tafel te vee.

Ook sy vertoë rondom ’n leerhandskoen wat kwansuis te klein vir OJ se hande was, het tot een van die bekendste argumente in ’n hofsaak gelei: “As die handskoen nie pas nie, moet jy vrygespreek word.”

Nicole en Ronald is buite haar huis gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar kop en nek gehad, asook verdedigingswonde aan haar hande. Die wond aan haar nek was so erg dat haar strottehoof sigbaar was.

Daar was drie mense op die misdaadtoneel. DNS-getuienis, drie mense op die misdaadtoneel. Kies ’n moordenaar. Hoe moeilik kan dit wees?

In April vanjaar het Caitlyn Jenner met ’n skokbewering na vore gekom, naamlik dat sy en haar eks-vrou Kris Jenner het altwee geweet O.J. Simpson was skuldig aan moord.

“Ek weet hy het dit gedoen,” het Caitlyn gesê.

Dié foto van OJ en Nicole is op 26 September 1989 geneem. Ron Galella (Getty Images)

“Daar was drie mense op die misdaadtoneel. DNS-getuienis, drie mense op die misdaadtoneel. Kies ’n moordenaar. Hoe moeilik kan dit wees?”

Kris se eerste man, Robert Kardashian, was deel van O.J. se verdedigingspan. Sy was van 1978 tot 1991 met Robert getroud waarna sy met Caitlyn, destyds bekend as Bruce Jenner, laat in 1991 getrou het.

In 'n onderhoud met Ellen deGeneres het Kim (Kardashian) erken hulle was onbewus dat Nicole na bewering deur OJ mishandel is.

Die O.J.-hofsaak het in 1994 begin. Volgens Caitlyn was Kris baie seker aan wie se kant sy was. "Kris was aan my kant," het Caitlyn bygevoeg.

Ná ’n siviele saak in 1997 is O.J. verantwoordelik gevind vir die onregmatige dood en aanranding van Goldman, asook aanranding van sy eks-vrou.

Kris en Nicole was baie goeie vriende. In 'n onderhoud met Ellen deGeneres het sy erken hulle was onbewus dat Nicole na bewering deur OJ mishandel is.

Hier is een van die noodoproepe waarna Kris verwys het. Waarskuwing: Dit mag sensitiewe lesers ontstel.

O.J. is ook die man wat na bewering sou sê: “Ek het net een geveg in my grootmenslewe gehad. Dit was die bekende ’89-geveg met Nicole Brown waartydens sy erken het sy het die geveg inisieer.”

Christie Prody, OJ se meisie oor 'n tydperk van 13 jaar, het in 2009 in ’n onderhoud met Good Morning America gesê OJ het haar gereeld fisies en emosioneel mishandel. Sy het glo ook vir haar lewe gevrees.

OJ sou na bewering gedreig het om haar dood te maak. Sy was glo ook aangesê om mediese prosedures te ondergaan wat haar meer na Nicole sou laat lyk.


Kitsfeite oor OJ Simpson

  • OJ het in 1974 in die fliek The Towering Inferno opgetree. Hy het ook in The Naked Gun: From the Files of Police Squad! (1988) en The Naked Gun 2½: The Smell of Fear (1991) verskyn.
  • Van 1979 maak hy sy buiging as sportaanbieder.
  • Op 4 Februarie 1997 bevind die hof OJ Simpson skuldig in die siviele saak wat deur Nicole en Ronald se naasbestaandes teen hom aanhangig gemaak is. Hy moet $8,5 miljoen aan die gesinne oorbetaal.
  • Op 3 Oktober 2008 word OJ skuldig bevind op 12 aanklagte wat ontvoering en gewapende roof insluit. Hy word 33 jaar tronkstraf opgelê, maar kan ná nege jaar vir parool in aanmerking kom.
  • ’n TV-reeks getiteld American Crime Story se eerste seisoen met die subtitel The People v OJ Simpson handel oor die moordverhoor van OJ Simpson.
  • Dit is gegrond op ’n boek deur Jeffrey Toobin getiteld The Run of His Life: The People v. O. J. Simpson.
  • Cuba Gooding jr. vertolk die rol van OJ in die reeks. Selma Blair speel Kris Jenner. John Travolta (as Robert Shapiro) en Courtney B. Vance (as Johnnie Cochran) verskyn ook daarin.

Bronne: cnn.com, wikipedia.org, imdb.com