’n Man van die Paarl in die Wes-Kaap het ’n allemintige 151 kg afgeskud en met Huisgenoot se Jacques Myburgh gesels oor sy transformasie.

[caption id="attachment_115590" align="alignnone" width="600"]Aitsa! Melt Holtzhausen van die Paarl lyk soos ’n nuwe mens. Foto's: Verskaf Aitsa! Melt Holtzhausen van die Paarl lyk soos ’n nuwe mens. Foto's: Verskaf[/caption]

“Ek het my hele lewe lank gesukkel met my gewig,” sê Melt Holtzhausen.

Toe hy 243 kg geweeg het, het hy besluit: Tot hier toe en nie verder nie, en onder die mes geklim om ’n maagverkleiningsoperasie te ondergaan.

Lees ook: Sjef te vet vir Kiwi’s – terug in SA en op moedverloor se vlakte

“Ek het baie wipplank-diëte probeer waar ek ’n bietjie gewig verloor het en dit weer aangesit het,” sê die 42-jarige sakeanalis.

’n Maagverkleiningsoperasie is ’n klein prosedure waar jou maag en derms verklein word sodat jy vinniger versadig voel en minder kos inneem.

Melt het die operasie sowat drie jaar gelede in ’n kliniek in Claremont laat doen. Sedertdien het ’n gesonde eetplan en oefening vir hom ’n leefwyse geword.

Lees ook: Dié wondermiddel kan jou vanjaar maer maak

“Ek het net daai hupstoot nodig gehad om my te motiveer . . . Ek was ’n groot brandewyn-drinker; nou bly ek by my rooiwyn. Dis mos goed vir die hart ook,” skerts hy.

Melt vertel hy het ná die operasie ’n eetplan gekry wat hy streng volg. Hy besoek ook gereeld die gim. “Ek gaan nie om spiere te bou nie; ek wil net die lyf behou wat ek nou het.”

Lees ook: 5 waarskuwingstekens jy is dalk op die verkeerde dieet

In die verlede was dit moeilik om gesond te eet omdat hy baie gereis het vir sy werk.

“Ek het besef dat ’n mens gesond kan eet selfs al is jy in ’n restaurant of ’n hotel.

Die geheim is om vis, hoender en beesvleis te eet. Bly weg van vetterige goed soos skaap en vark.”

“Op die ou end gaan dit oor jou wilskrag, maar die transformasie het my beslis aangespoor om te hou by my eetplan en nuwe leefstyl.”