Die Grand Junction Daily Sentinel berig die 27-jarige Nathan Rolf Channing, van Fruitvale, is Sondag in hegtenis geneem.

Volgens ’n verslag het die beamptes Joshua Bunch en Donald Love gesê hulle het gedink hul lewe is in gevaar, al het hulle gesien die voorwerp is geel. Joshua het in die verklaring gesê hy het pistole van alle vorms en kleure gesien.

Hy het gesê Donald het sy dienspistool uitgehaal toe Nathan gil: “Dit is ’n piesang!”

Hulle sê Nathan het aan hulle verduidelik hy doen ’n toetslopie vir ’n beplande YouTube-video en hy het gedink dit sou die “vakansiegees verlig”.

- Sapa