Dit nadat sy vandeesweek die fonds begin het vir mense wat al hul besittings in die verwoestende brande aan die Tuinroete verloor het.

Sedgefield, waar Demi-Leigh grootgeword het, is deel van die brandgeteisterde gebied.

Sy is verheug oor die reaksie en het Suid-Afrikaners bedank vir hul ruimhartige skenkings.

“Elke bietjie help. Ek is trots op hoe gewone mense na vore gekom en mense bygestaan het wat deur die brande geraak is.”

Sy het ’n beroep op mense gedoen om aan te hou skenk, “ongeag hoe klein”.

Die geld sal deur die Sedgefield Lions aangewend word om noodsaaklikhede soos water, blikkieskos, babakos, brood, komberse, toiletware en troeteldierkos te koop.

Die artikels sal waar die nood die hoogste is aan die Tuinroete versprei word.