Die regering beveel aan dat klasgelde nie met meer as agt persent verhoog nie, maar elke universiteit moet self besluit met hoeveel hul klasgeld volgende jaar duurder gaan wees, het die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, Maandagoggend gesê.

Dit kom nadat betogings op kampusse die laaste paar weke uitgekring het uit teenkanting teen verwagte verhogings in 2017. Heelparty studente-organisasies soos Fees Must Fall dring aan op 'n 0%-verhoging.

Dr. Nzimande het beklemtoon dat die besluit by die universiteite lê en nie by hom en sy departement nie en dat gratis onderrig universiteite onder geweldige druk sal plaas en basies onbereikbaar is. Volg die verrigtinge regstreeks hier: