Paul saam met Cody

Cody Walker het ingestem het om sy broer Paul se laaste fliek, Fast & Furious 7, te help voltooi nadat Paul verlede November verongeluk het. Hy het die vervaardigers blykbaar so beïndruk dat hy dalk ’n rol in die fliekreeks kan losslaan.

’n Bron het aan MailOnline gesê: “Paul se karakter Brian O’Conner gaan uittree, terwyl sy jonger broer by die span gaan aansluit.

"Natuurlik is Cody glad nie ’n plaasvervanger vir Paul nie, maar die vervaardigers was baie dankbaar dat hy hulle die fliek kon help voltooi; Cody is ook so innemend en sjarmant.

"Dit sal ’n huldeblyk aan Paul wees dat Cody die Walker-naam in die Fast & Furious-flieks voortdra."

Fast & Furious 7 word op 10 April 2015 uitgereik.