Volgens die politieke ontleder en vriend van De Kock, Piet Croucamp, is depressie nie by De Kock gediagnoseer nie, maar hy word wel waargeneem. “Dit gaan goed met Eugene. Hy sukkel nog met sielkundige probleme en ’n lang herstelpad lê voor,” sê hy.

De Kock is in 2015 uit die tronk vrygelaat. Hy het glo nie streng paroolvoorwaardes nie, maar word wel deur die Staatsveiligheidsraad beskerm. Piet sê hy wou vandag vir sy vriend gaan kuier het. Hy is nie seker hoe lank hy in Denmar gaan wees nie. De Kock is in 1996 skuldig bevind aan misdaad teen die mensdom vir sy betrokkenheid in die polisie se Koevoet-eenheid en as bevelvoerder van Vlakplaas.