Sy organe het ook weer normaal begin funksioneer.

“Dit is met ’n ongelooflik dankbare hart dat ons vanoggend kan sê Rikus het goed gereageer op die dialise wat hy vir sy niere en lewer ontvang het,” het Zinta Kymdell, sy agent, Vrydag in ’n WhatsApp-boodskap aan Huisgenoot bevestig.

Sy vertel die dokters het hom reeds van die dialise-behandeling afgeneem en dat sy organe nou weer normaal funksioneer.

“Sy hart lyk vanoggend ook goed. Hy is steeds in die waakeenheid en sal eers oor ’n paar dae na ’n ander saal oorgeplaas word.”

Rikus het ook op sy Instagram-profiel ’n foto uit sy hospitaalbed gedeel met die woorde:

“Hulle sê mens moet elke dag dankbaar wees vir jou view… ek is snaaks genoeg nie moerse in my skik nie.”    

Hulle sê mens moet elke dag dankbaar wees vir jou view... eks snaaks genoeg nie moerse in my skik nie

A post shared by Radio Raps (@radioraps) on

Rikus is die afgelope Woensdag in die waakeenheid van ’n Pretoriase hospitaal opgeneem nadat hy Maandag ’n buikoperasie ondergaan het om galstene te verwyder wat na sy lewer en pankreas versprei het. Hy het ’n virus opgedoen en sy toestand het skielik agteruitgegaan. Die virus het hartversaking tot gevolg gehad, wat sy organe, insluitend sy niere, laat verswak het.

Rikus sou Dinsdag (30 Mei) ’n tweede operasie ondergaan om sy galblaas te verwyder, maar die mediese span het die opvolg-prosedure weens sy verswakte toestand vir eers uitgestel.

Zinta het bevestig dit is steeds te gevaarlik. “Hulle sal eers later, wanneer hy volkome herstel het, weer daarna kyk.”