Die voormalige speurder Piet Byleveld (67) is uit die hospitaal ontslaan.

Dit is bevestig deur ’n personeellid van die Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort, waar hy verlede week in die hoësorgeenheid opgeneem is om behandeling en toetse te ondergaan.

Gevorderde kanker is by hom gediagnoseer. Piet sukkel ook al jare met ’n ernstige asmakwaal.

Hy het in 2010 as speurder uit die polisiediens getree, waar hy 38 jaar diens gedoen het. Daarna het hy ’n privaatspeurmaatskappy aan die Wes-Rand begin, maar dit verlede jaar gesluit en afgetree.