Die Tseg het ernstige beserings op haar linkerhand (ook haar speelhand) opgedoen.

Die inbreker het homself voorgedoen om die munisipale meter te kom lees waarna hy en Petra (26) in ’n struweling in die badkamer opgeëindig het. Die inbreker het die mes teen Petra se keel gehou en sy kon eindelik haarself loskry, maar het diep snye op haar vingers aan haar linkerhand opgedoen.

“In ’n poging om myself te verdedig, is ek ernstig aan my linkerhand beseer,” skryf sy in ’n verklaring op haar Facebook-blad. “Ek is nog in skok, maar is gelukkig om nog te lewe. Die besering is ernstig en ek gaan spesialiste moet sien, maar as jy enigiets van my weet, is ek sterk en sal ek hierdeur kom.”

Petra het sedertdien ’n operasie ondergaan en chirurge het amper vier uur geneem om die senings en senuwees op haar linkerhand te herstel.

Petra se woordvoerder sê as jy die skade in ag neem, het “die operasie goed gegaan.”

Haar bestuurder Katie Spellman sê Petra sal gips vir ses tot agt weke moet dra en kan vir tenminste drie maande nie gewig dra nie. Petra sal dus die Australiese Ope in Januarie misloop.

Bronne: bbc.com, nytimes.com, abc.net.au