Dié twee veroordeelde moordenaars word ook glo in ? gemeenskaplike sel aangehou.

Volgens Rapport het ? woordvoerder van Korrektiewe Dienste het gesê dis nog te vroeg om te sien hoe hul rehabilitasie vorder.

Rapport het ook berig dat Becker glo nou moet toustaan om die betaalfoon te gebruik - soos wat die normale tronkgebruik is.

Becker en Du Preez se parool is herroep nadat ? video aan die lig gekom het waar hulle partytjie in die tronk hou. In die video het hulle alkohol gedrink en ? selfoon gebruik.

Vier tronkwagte moet nog voor ? dissiplinêre verhoor verskyn oor hul aandeel in die voorval.