Corné Geyer is einde Februarie erg beseer toe ’n ander leerder hom in die gesig geskop het, het Huisgenoot vroeër berig.

Corné het Maandag ’n operasie in die Tygerberg-hospitaal ondergaan om die skade aan sy regterwangbeen en oogbank te herstel.

“Hy is uit die hospitaal ontslaan, maar sy ouers sê hy het nog baie pyn,” sê Eben Klue, Corné se ouers se prokureur.

“Maar dit gaan goed met hom en die operasie was ’n sukses.”

Eben sê Corné sien nou ’n sielkundige.

“Dit lyk in die stadium of hy eers in die tweede kwartaal sal kan terugkeer skool toe.”

Volgens Eben is die dissiplinêre verhoor van die leerder wat Corné aangerand het, uitgestel tot Corné self in staat sal wees om te getuig.

“Ons weet nog nie presies wanneer dit sal wees nie,” sê hy.