[caption id="attachment_127879" align="alignnone" width="600"]Adam Barnard (Foto: Maree Nel) Adam Barnard (Foto: Maree Nel)[/caption]

Hy word Saterdagmiddag (4 Junie) ontslaan, waarna hy dadelik die pad Nelspruit toe gaan vat vir ’n optrede Sondag daar.

Sy skakelbeampte, Henri Scott, vertel sy niervlakke- en -funksies is nou heeltemal herstel, “maar die moontlikheid bestaan dat hy in die toekoms dalk ’n nieroorplanting sal moet kry.”

Adam sukkel al van kindsdae af met sy niere.

Adam en Henri was Maandag na Bloemfontein onderweg toe Adam van naarheid en dehidrasie kla. In Bloemfontein is hulle dadelik hospitaal toe, waar die dokters hom eers verbied het om daardie aand op te tree in die lofprysingsproduksie HallelujaSA, wat saam met ’n koor van 500 kinders in die Sand du Plessis-teater opgevoer is.

Hy wou egter nie die gehoor teleurstel nie, en is eers ontslaan nadat hy ’n vrywaringsvorm onderteken het dat hy op eie risiko sal optree, vertel Henri, wat ook die produksie vervaardig en self daarin optree.

Hy en Adam bied hierdie jaar sowat 50 HallelujaSA-produksies oor die land heen aan.

Ander stories op Huisgenoot.com

Presiese oorsaak van Prince se dood amptelik bekend

Vermiste Japannese seuntjie wat as straf langs pad afgelaai is, gevind

‘Ek is glad nie bang nie, tannie’: Jong kankerlyer staak behandeling en stel vertroue in geloof

Is hierdie dalk Bobby se grootste aanhanger?

Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!

Wanhopige ma se geskenk vir haar siek kind gaan jou hart breek