Die Fast and Furious-ster het op 30 November verlede jaar op 40 verongeluk. Hy het sy tienerdogter, ouers, twee susters en twee broer agtergelaat.

“Van wat ek hoor, vaar sy goed in die skool. Sy bly maar besig,” het hy Paul Walker sr aanE! News gesê. “Ek dink sy is net ’n bietjie skaam om my. Ek dink ek het tyd tot my voordeel en alles sal verbeter.” Oor die naweek het Meadow ’n roerende op sosiale media aan haar pa hulde gebring. Die 16-jarige het ’n foto van hulle twee op Instagram geplaas met die onderskrif: “Ek is lief vir jou.”

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on

Paul sr. mis ook sy seun. Hy glo die Brick Mansions-ster was ’n ongelooflike mens.
'Paul het liefde uitgestraal.'

“Paul het liefde uitgestraal; jy kan dit nie namaak nie,” het Paul sr. gesê. “Paul het ’n goeie hart gehad. Ek het altyd gewonder hoekom ek so ’n wonderlike seun verdien.”

Tydens sy dood was Paul besig om aan die jongste Fast & Furious-fliek te skiet.

Furious 7, waarin Paul sal verskyn, sal volgende April uitgereik word.

Baie van sy Fast & Furious-medesterre, insluitend Michelle Rodriguez, Tyrese Gibson, Ludacris en Vin Diesel, het oor die naweek ter ere van die eerste herdenking van Paul se dood hul liefde vir hom verklaar.

© Cover Media