Sy het onlangs teruggekeer huis toe ná 18 maande by die Diamond Ranch Academy in Utah. Paris is daarheen gestuur nadat sy in 2013 haar lewe probeer neem het. Die tiener, dogter van wyle Michael Jackson, en haar broers, Prince (18) en Blanket (13), is nog in die sorg van haar ouma Katherine Jackson (85) en neef TJ Jackson (36).
'Hulle het tans ’n goeie verhouding; daar is ’n baie hegte band.'

“Sy en Debbie praat gereeld met mekaar,” het ’n bron aan die tydskrif InTouch Weekly gesê. “Hulle sien mekaar amper elke naweek. Hulle het tans ’n goeie verhouding; daar is ’n baie hegte band.”

Katherine het toesig oor Paris en haar broers gekry toe hul pa in 2009 sterf. Dis in 2012 tydelik opgeskort, maar het weer van krag geword toe TJ as medevoog aangewys is.

Onlangs is berig Paris vind troos by Neverland, waar Michael die grootste deel van sy loopbaan gewoon het. Ná sy dood het die landgoed egter verwaarloos geraak.

Paris besoek die eiendom as deel van haar “terapie om die hartseer te verwerk”. Sy het glo ’n zen-tuin aangeplant en ’n Peter Pan-agtige figuur wat op ’n halfmaan sit in die middel daarvan laat uitsny. Michael was mal oor dié figuur.

“Sy gaan Neverland toe vir vreedsame nabetraging,” het ’n bron aan die National Enquirer gesê.

© Cover Media