Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is verwerk en in sy sel in die hospitaalvleuel van die Kgosi Mampuru II-gevangenis geplaas, het die sentrum se streekkommissaris, Zebilon Monama, Dinsdag gesê.

“Hy is ’n bietjie moeg en gespanne, maar die kapelaan het met hom gepraat,” het hy aan Sapa gesê.

“Hy is deurmekaar. Nadat hy die kapelaan gesien het, het die sielkundige hom gaan sien, net om met hom te probeer praat.”

Zebilon het gesê Oscar is in ’n enkelsel in die hospitaalvleuel van die tronk in Pretoria geplaas.

“(Dit is) as gevolg van sy kwesbaarheid. Kragtens die wet op korrektiewe dienste is dit my verantwoordelikheid om enige kwesbare persoon te beskerm,” het hy gesê.

Die hospitaalvleuel het 24-uur-bewaking en twee verpleegsters aan diens. Daar is ook twee beamptes wat die afdeling bewaak.

Zebilon het gesê Oscar is nie die hele rede nie; dit is roetine vir die hospitaalvleuel.

Oscar is vyf jaar tronkstraf opgelê weens die strafbare manslag van sy meisie, Reeva Steenkamp. Vir die skietvoorval by die restaurant Tasha’s in Melrose Arch het Oscar drie jaar tronkstraf gekry, wat vyf jaar opgeskort is.

Regt. Thokozile Masipa het beslis die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Oscar is Dinsdag in die aanhoudingselle onder die hooggeregshof in Pretoria.

Hy is in ’n gepantserde voertuig van die Suid-Afrikaanse Polisiediens na die gevangenis geneem.

Zebilon het gesê toe Oscar by die tronk aangekom het, is hy na die ontvangs geneem, waar sy vingerafdrukke geneem is en deursoek is.

Sy besonderhede is toe by ’n rekenaarstelsel ingevoer en hy het ’n tronknommer gekry.

’n Verpleegster was daar om ’n mediese lêer saam te stel.

“Nadat die ondersoek voltooi is, sal die persoon by ontvangs hom sy tronkklere gee; sy eie klere word dan in ’n sak gesit,” het Zebilon gesê.

Op ’n vraag oor wat Oscar vir sy eerste ete kan verwag, het Zebilon gesê hy weet nie, maar hy het gesê dit sal ’n goeie ete wees.

Die kos word deur ’n eksterne kontrakteur verskaf.

“Mense hier kry drie etes per dag. Hulle maak lekker kos. Jy sal lekker kos kry; ons sorg vir die mense hier,” het hy gesê.

- Sapa