Verlede week het Nianell ’n inskrywing op Facebook gemaak waarin sy erken het die jaar is besig om sy tol te eis:

Ons het met haar hieroor gepraat en sy sê dit gaan eintlik baie goed. “Dit gaan uitstekend; ek het opregte liefde, vreugde en geluk in my lewe. Ek werk wel nog daaraan om my hart te genees, want my hart voel nog soms seer, maar my gemoed en geloof is groot en ek weet met tyd sal my seer hart genees.”
'Ek is ontsettend lief vir God.'

Sy sê God gee haar krag om deur dié moeilike fase in haar lewe te kom.

“Ek is ontsettend lief vir God, die Skepper van alles wat is. Ek fokus heeltyd daarop om my verbinding met God suiwer te hou sodat Sy liefde, vreugde en geluk deur my kan vloei, sonder dat ek die vloei belemmer deur te twyfel en negatief te wees.

“My kinders is so ’n vreugde en om saam met hulle tyd deur te bring is vir my ongelooflik genesend; hulle leer my elke dag dat die lewe lekker is. Ons hoef regtig net die lewe te geniet, want deur dit te geniet maak ons ’n groot verskil hier.

"As ’n mens iets geniet stuur jou hele wese ’n positiewe gevoel die heelal in wat alles oplig en seën.”

Dit gaan baie goed met die verkope van haar nuwe CD, Just Be.

“Ek is baie bedrywig met die bekendstelling daarvan. Dit verkoop goed en die eerste enkelspeler, Got to Give Myself, is al op verskeie radiostasies se top-20-trefferlyste. Ons het vir eers net die een liedjie uitgereik; dit vaar baie goed.”

- Suzanne Venter

nianel