News24 berig

Haar ouers, Martin (55) en Theresa (54), asook haar ouer broer, Rudi (22), is op 27 Januarie vermoor aangetref in hul huis op die spoglandgoed De Zalze. Haar broer Henry was die enigste ander oorlewende.

Ben Rootman, woordvoerder van die familie, het aan News24 gesê: "Marli se toestand is stabiel en sy maak goeie vordering – sy kan albei kante van haar liggaam beweeg. Sy praat nog nie, maar sy toon emosies en sy herken naby familie op foto’s."

“Die familie is innig dankbaar vir die uitstekende werk wat die mediese en ondersteuningspanne doen. Hulle besef dat haar hersteltydperk ’n uitgerekte proses is en alle aandag word nou hierop gefokus.”

Rootman wou intussen nie kommentaar lewer op die berigte dat Henri aan dwelms verslaaf is en dat die beserings wat hy in die aanval opgedoen het, selftoegedien is nie.

“Die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek die saak en enige navrae hieromtrent moet aan hulle gerig word.”

Intussen het Marli se vriende en mede-leerlinge ’n “herinneringsboom” vir haar by haar skool, Somerset College, begin. Volgens Netwerk24 skryf die leerlinge boodskappies vir haar en dan word dit weekliks na die hospitaal gestuur.

Bronne: News24, Netwerk24