Terwyl kerse Vrydagoggend vroeg nog buite die hospitaal gebrand het waar oudpres. Nelson Mandela behandel word, het Suid-Afrika en die wêreld gewag op nuwe inligting oor die geliefde voormalige staatshoof se gesondheidstoestand.

Die presidensie het Donderdagmiddag gesê Mandela se toestand het 'n geringe verbetering getoon, maar het nog nie weer amptelike nuus oor sy gesondheid uitgereik nie.

In teenstelling met die warboel van aktiwiteit buite die hospitaal Donderdag, was dit Vrydagoggend heelwat stiller, maar die polisie het die perseel fyn dopgehou. Verkeer word steeds nie in Celliersstraat toegelaat nie.

Verbygangers hou gereeld stil om die boodskappe van ondersteuning vir Madiba te lees. Handgemaakte kaartjies, plakkate, blomme en ballonne hoop steeds voor die hospitaal se ingang op.

- Nuus24

Besoek ook:

- Foto's van Nelson Mandela se lewe