Die Uitklophou-sangeres lyk beeldskoon op dié foto van haar swanger magie wat sy op Instagram geplaas het. “Trots op my groeiende boep!!! Dankie, Vader, vir U genade,” het sy geskryf.

Karlien en haar man, Derick Hougaard, verwag tweelingseuns. “2 Bulletjies!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! My prinsessie nog in Jesus se hande,” het Derick vroeg in Augustus getwiet.

Dit lyk of die twee seuns reeds baie honger is, want Karlien het op Instagram eers ’n foto van nacho’s geplaas en daarna ’n heerlike pizza met avokado op. “Lekker groot bord nacho’s vir my en die seuns!” het sy geskryf.

Een van haar volgers, @nicolebreedt, het daarop geanatwoord: “Awesome :-) Ek hoop dit is plain en nie spicy nie, want dit is nie goed vir die bulletjies Ons is seker Blou Bul-ondersteuners is ook baie gretig om die twee te ontmoet, maar nie almal wil hê hulle moet dié rugbyspan ondersteun nie. “Trek net Kaap toe sodat daai laaities vir die WP kan speel, asb.!” het @thekitchings geskryf.

Op Twitter het @KallieRoux28 gesê: “Derick Hougaard wants to name his twins ‘Loftus’ and ‘Versfeld’ - #cute.” Daarop het Derick geantwoord: “Ek het probeer!!! Maar mamma het dit afgeskiet!!!!!!!! :)”

Tog bly goeie gesondheid vir Karlien die belangrikste. “Dankie, Vader, vir gesondheid. Dis die grootste geskenk wat ’n mens kan hê,” het sy onlangs op Twitter geskryf.

Ons stem saam en is seker hulle kan nie wag om die twee te ontmoet nie!

Besoek ook:

Derick en Karlien se groot nuus

Foto's van Derick en Karlien