Nadat hy sowat drie weke gelede in die intensiewesorgeenheid van ’n Pretoriase hospitaal opgeneem deurgebring het, is Rikus daarna in afsondering behandel. Sy toestand was as bestendig maar steeds kritiek beskryf.

Laat Donderdagmiddag het hy hierdie foto gedeel - en dis goeie nuus! Hy is uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

Rikus het in 2014 sy YouTube-debuut as Jonathan van Radio Raps gemaak. Sy snaakse video’s het ’n internetsensasie geword en dit was die begin van sy loopbaan as komediant en akteur.