Dit gaan baie beter met die voormalige Springbokafrigter Jake White (53) nadat hy oor die naweek gehospitaliseer is weens duiseligheid. Daar word verwag dat hy Maandag ontslaan sal word.

“Hy is 100%,” vertel sy seun Clinton White aan Huisgenoot. “Ek het vanoggend (Maandag) met hom gepraat en hy klink goed.”

Clinton, ’n direkteur by EVO Properties in Kaapstad, sê hulle gaan nie in die stadium bekendmaak presies waarom hy in die hospitaal opgeneem is nie, maar benadruk daar is nie enige rede tot groot kommer nie. “Hy word hopelik vanmiddag ontslaan.”

Jake is Vrydag na ’n hospitaal in Parys, Frankryk, gehaas nadat hy dronk in sy kop begin voel het. Dit was net voor die Montprellier-rugbyspan, wat hy afrig, na Grenoble sou vertrek om die naweek daar te speel. Hulle kon wel daarin slaag om met ’n telling van 51-37 te wen en het so geklim tot tweede aan die Top 14-leër. Jake het twee seuns, Wesley en Clinton, by sy eerste vrou, Debbie. Wesley, wat op die oomblik rugby speel in Amerika, het Sondagmiddag ’n foto van hom en sy pa op Instagram gedeel.

A photo posted by Wesley White (@wesleywhitesa) on