Hugh Jackman is “piekfyn” ná sy jongste kankerbehandeling, sê sy verteenwoordiger.

hughneus

Maar nadat Hugh opgemerk is met ’n pleister op sy neus, het ’n woordvoerder aanhangers gerusgestel dat hulle oor niks hoef bekommerd te wees nie. “Hy is nou piekfyn,” het sy woordvoerder aan E! News gesê. Hugh het in November verlede jaar aangekondig dat hy behandeling vir basaalselkarsinoom ontvang het, ook op sy neus. Hy het toe sy vrou, Deborra-Lee Furness, bedank omdat sy hom gedwing het om ’n merk te laat ondersoek.

'Ter wille van duidelikheid, dit is velkanker.'

’n Tweede groeisel is in Mei verwyder.

“Ter wille van duidelikheid, dit is velkanker; dit is basaalselkarsinoom, die soort wat die minste ernstig is,” het hy verduidelik.

“Maar jy moet dit onmiddellik laat verwyder, want dit groei,” het hy bygevoeg.

Die akteur het ook die geleentheid gebruik om ander te waarsku om waaksaam oor hul gesondheid te wees.

“Ongeag wie jy is, gaan gereeld vir ondersoeke,” het hy gesê en bygevoeg hy het ná sy laaste ondersoek verwag ’n ander groeisel sal vorm.

“Ek is realisties oor die toekoms en dit is heel waarskynlik dat ek minstens nog een sal hê, maar dalk veel meer. Dit is nie ongewoon vir ’n Australiër nie, veral een van Engelse afkoms wat in Australië grootgeword het; ek kan nie een keer onthou dat iemand my ooit vertel het ek moet sonbrandroom aansmeer nie,” het hy aan die Associated Press gesê.

Hy maak nou werk daarvan om ander te waarsku oor die gevare van sonskade.

“Die mooiste van alles is dat dit alles voorkombaar is; jy moet jou net gereeld laat ondersoek. Ek kan die tipiese man wees: ’n bietjie lui. Dit het my min gepla, maar nou let ek op daarna,” het hy verduidelik.

© Cover Media