Dit is die goeie boodskap wat sy vrou, die eNuus-aanbieder Daniëlla van Heerden, vanoggend op haar Facebook-blad gedeel het.

Dit volg ná ’n fratsongeluk die afgelope Vrydag by die Van Heerdens se huis aan die Wes-Rand toe ’n vurktandheining Cornél se regterarm oopskeur en onder meer ’n aar stukkend sny.

Hy word sedertdien in ’n hospitaal in Florida behandel.

Daniëlla het laat weet dokters het Maandag toetse gedoen om te bepaal watter senuwees beskadig is. Hy is Dinsdag weer geopereer.

“Wat verlede Vrydag begin het met ’n dramatiese en traumatiese gebeurtenis, het nou oorgegaan in ’n emosie van dankbaarheid en verligting dat Cornél nie sy arm verloor het nie, en besig is om te herstel,” het Daniëlla aan Huisgenoot gesê.