Ons het by dié sanger, wat verlede maand vir die eerste keer pa geword het, gaan hoor wat aanhangers kan verwag.

Waarna sien jy die meeste uit in SuperSkouspel?

Ek is opgewonde om te sien hoe die kunstenaars mekaar gaan aanvul en dis ’n lekker verskeidenheid van kunstenaars op een verhoog.

Hoekom moet mense dié konsert bywoon?

Want ek het ’n voëltjie hoor fluit dat daar ’n hele fees is met optredes en stalletjies om die stadion voor jy die groot vertoning sien, so gesinne kan die hele dag daar deurbring.

Met watter liedjies gaan jy die gehoor vermaak?

Ek het actually geen idee nie . . . Crazy, nè!

Watter van die ander kunstenaars by SuperSkouspel is jy opgewonde om die verhoog mee te deel?

Ek hoor ek en David Kramer doen iets saam en dit is so koel,want dit voel nou  soos ’n evolution in my loopbaan. Ons het voorheen ’n verhoog gedeel as akteur en regisseur en nou kan ek die verhoog met hom deel as kunstenaars, as gelykes . . . dieselfde ou wat ek met ’n fiets sien ry het in die VW-advertensies van jare terug.

Hoeveel konserte doen jy elke maand?

O jinne, ek het geen idee nie! Baie!

Wat motiveer jou om so hard te werk?

My passie vir mense en musiek. Ek wil ook positiwiteit en vrolikheid versprei, want dit is wat ons nou nodig het.

Wat maak jou sangloopbaan vir jou lekker?

Alles – die mense, toere, bande, vriendskap, medesangers en die feit dat ek steeds verlief is op musiek.

Wat sal mense verbaas wees om te weet van jou?

Dat ek nie altyd so snaaks is wanneer ek nie op die verhoog is nie en die meeste van die tyd stil is. En as pa . . . ek is mal daaroor om tyd saam met my seuntjie, Kadar Zayn, deur te bring en sy doeke om te ruil en hom te voer.

As jy ’n naam vir jou groep aanhangers kon gee, wat sou dit wees?

Awesome  of Emo Kids? :)

Wat hou die res van die jaar vir jou in?

Ons is besig met die volgende reeks van Jou Show met Emo op kykNET.

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

 
DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)