supersad

Huisgenoot het haar oor die vooruitsig gepols.

andriette1

Hoekom sien jy uit na SuperSkouspel?

Elke jaar is Skouspel vir my ’n hoogtepunt. Ek dink omdat daar vanjaar soveel duisende mense in die gehoor gaan wees, gaan dit ongelooflik wees.

Hoekom moet mense SuperSkouspel toe gaan?

Die verskeidenheid van sangers gaan groter wees as ooit tevore en die feit dat dit in die buitelug gehou word, maak dit spesiaal. Daar gaan vele verrassings wees wat ek nie nou kan verklap nie.

Kan jy een liedjie noem waarmee jy die gehoor gaan vermaak?

Sewe Oseane.

Vertel ons meer van jou grootste treffers.

  • Napoleon Dié liedjie uit die pen van Steve Hofmeyr gaan oor iemand in ’n liefdesverhouding wat vir die ander een vra: hoekom bly jy dan nog by my?
  • Vat My Hoër Dis ’n liefdesliedjie wat vir iemand sê hulle neem jou hoër in die liefde as wat jy ooit kan wees.
  • Sewe Oseane Hierdie liedjie gebruik die elemente soos die see, sand en ’n rivier om die diepte en grootte van liefde te probeer beskryf.

Is jy ’n introvert of ’n ekstrovert?

Ek is maar eintlik ’n bietjie meer van ’n introvert van die verhoog af.

Waaroor praat jy graag?

Ek hou daarvan om oor kos en restaurante en dieper dinge soos die liefde en familie te praat. Ook mooi goed soos binneversiering.

Waaroor voel jy passievol?

Ek is passievol oor my gesin en my man en dat hulle al my liefde moet kry. Ook my musiek is belangrik omdat ek altyd mense probeer aanroer.

Wat is vir jou ’n groot droom?

Ek wil nog oorsee reis met my musiek.

Wat is van jou grootste vrese?

Spinnekoppe en dat ’n familielid sal sterf.

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

 
DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)