Volgens nooddienste-woordvoerder Robert McKenzie is hulle Dinsdagmiddag uitgeroep, nadat die meisie al vir meer as ’n uur in die pyp vasgesit het. Die dorpie is sowat 60 km noordwes van Port Shepstone.

Die pyp waarin sy vasgesit het, is voorheen aan ’n kraan gekonnekteer. Dit het paramedici sowat 45 minute geneem om die meisie uit die pyp los te kry.

Volgens Robert is dit nie duidelik hoe die meisie in die pyp beland het nie.

Bron: News24