Blykbaar geniet Robbie Klay dit nog terdeë in Amerika. So elke dan en wan plaas hy ’n video op Instagram of Facebook van een van sy optredes. En let ’n mens in die video’s op na die geesdriftige ondersteuning van die gehoor, is dit duidelik dié man het ’n hele paar aanhangers.

 
Intussen stuur hy gereeld uit die verte boodskappe aan sy bewonderaars by die huis. “Ek klink dié enetjie op jul elkeen! Geniet die res van jul naweek! #ShotsOnYouGuys #LA #VivaCantina”, het sy jongste boodskap gelui.

This one is on everybody out there, enjoy the rest of your weekend! #ShotsOnYouGuys #LA #VivaCantina

A post shared by Robbie Klay (@robbieklay) on

Sowat twee weke gelede het hy natuurlik ook al sy aanhangers 'n lekker Valentynsdag toegewens.

Robbie, wat verlede jaar 30 geword het, is al ’n hele paar jaar in Amerika. Sy Instagram-blad maak dit duidelik die sanger het amper al die hele VSA platgereis en sommer hope opwindende en interessante plekke besoek. Daar was Hollywood Boulevard.

#HollywoodBlvd #DolbyTheater #HardRockCafe #ChineseTheater

A post shared by Robbie Klay (@robbieklay) on

En ’n resies met ’n gholfkarretjie op Catalina-eiland in Kalifornië.
Wie sou nie wou kyk hoe die son sak oor Santa Monica se strand nie?
Dan was daar ’n bofbalwedstryd in Seattle, Washington.

#Baseball game #Mariners VS #Angels #Seattle first time watching a baseball game at the stadium ??

A post shared by Robbie Klay (@robbieklay) on

Om nie te praat van New York nie – oftewel die plesierstad Las Vegas se weergawe daarvan!

#newyork #vegas

A post shared by Robbie Klay (@robbieklay) on

Met die jare het Robbie af en toe foto’s geplaas van teaterstukke waarin hy ’n rol vertolk het, soos Jim in Branson The Sitcom.

Tonight in #Hollywood at the #HFF15 I'm playing Jim in the #BransonTheSitcom play @7:30 & 8:30

A post shared by Robbie Klay (@robbieklay) on

As daar iemand spesiaals in Robbie se lewe is, hou hy dit doodstil. Want anders as in 2015 toe hy smoorverlief was op Kimberly Hoyt, ’n bruingebrande, bruinoog-fiksheidsfanatikus met die allermooiste glimlag, en gedurig foto’s van hulle saam geplaas het, deel hy nou nooit ’n foto van hom en ’n meisie nie.

Al lid van die vroulike geslag wat die eer kry van ’n foto op sy Instagram-blad, is sy ma, Jenny Liebenberg.

Robbie het twee kinders, ’n sesjarige seun en ’n 14-jarige dogter.