1. Staan voor ’n spieël en kyk of jy enigiets aan jou bors kan sien wat jy nie tevore gesien het nie. Staan regop met een hand agter jou kop. Gebruik die ander hand en ondersoek die teenoorgestelde bors saggies vir knoppe.
  2. Beweeg jou vingerpunte op jou bors in ’n sirkelbeweging. Begin by ’n punt op die buitenste deel van jou bors en beweeg binnetoe na die tepel. Jy kan dit in die stort of bad ook doen.
  3. Jy kan dit ook doen terwyl jy plat op die grond lê met een hand agter jou kop.
  4. Kyk of daar enige uitskeiding van jou tepel is as jy saggies druk – as jy nie swanger is of borsvoed nie, kan dit beteken daar is ’n infeksie of iets ernstigers waarvoor jy ’n dokter moet spreek.

Aangepas uit Huisgenoot, Oktober 2006.