Hoe jy borsmelk skenk

Daar is verskeie melkbanke in Suid-Afrika wat spesialiseer in die versamel en verskaf van borsmelk aan babas in hospitale, weeshuise en sorgsentrums. Volgens die Ithemba Lethu-melkbank in KwaZulu-Natal is minstens vier skenkers nodig om een baba te help voed. Alle skenkers word gekeur voor donasies aanvaar word, en die melk word gepasteuriseer voor die babas dit kry.

Hoe jy borsmelk bêre

Melk moet altyd in ’n steriele houer geplaas word – ’n glasfles met ’n deksel of ’n harde plastiekhouer met ’n deksel. Gebruik maskeerband om die houers met die datum te merk, en met jou naam en skenkernommer as jy die melk skenk. Jy moet die melk binne minstens 24 uur verkoel en vries. En onthou om met ’n glasfles ruimte in die houer te laat vir die melk om uit te sit. Borsmelk kan drie maande in ’n koelkas se vrieskas hou en ses maande in ’n kisvrieskas.

Wanneer jy borsmelk kan skenk

Volgens verskeie studies gaan jy meer melk vervaardig hoe meer jou baba drink. Dus kan jy skenk, al borsvoed jy jou eie baba.

Waar jy borsmelk kan skenk

Kontak enige van die onderstaande melkbanke vir inligting:

1. Milk Matters

E-pos: info@milkmattters.org

Tel.: 021-659-5599

Sel.: 082-895-8004

2. South African Breast Milk Reserve 

Tel.:  011-482-1920

E-pos: info@sabr.org.za

3. Ithemba Lethu

Tel.: 031-261-7723

- Londiwe Dlomo

Bronne: milkmatters.org, sabr.org.za, ithembalethu.org.za

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.