Ander glo weer aan die belangrikheid om ietsie iewers veilig beskikbaar te hou vir onvoorsiene noodgevalle.

Maar hoe gemaak as jy die geld so veilig wegbêre dat jy dit self nie weer kan vind nie?

Dis presies wat met ’n bejaarde egpaar van Wenen gebeur het. Hulle het duisende euro’s iewers in hul woonstel versteek. Toe hulle die geld begin soek, was dit skoonveld. Wat ’n nagmerrie moes dit nie wees nie. Lees ook: Seuntjie en dolfyn speel bal Nadat hulle hul woonstel behoorlik omgedol het in ’n vrugtelose soektog na hul lewensnoodsaaklike spaargeld, het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat dit gesteel is. Die polisie is genader om die diefstal te ondersoek en hulle het hul snuffelhond Evita de La Basse Autrich saamgebring.

Binne enkele minute het Evita se neus haar na ’n kombuiskas gelei waar die egpaar hul spaargeld vergeet het.

’n Polisiewoordvoerder, Paul Eidenberger, het aan AFP genoem dat alle snuffelhonde dieselfde basiese opleiding deurloop om verskillende items op te spoor.

Lees ook: Hond red seuntjie van beer

“Daarna kan hulle spesialiseer in byvoorbeeld plofstof, bloedspore – asook dokumente en geld.”

Dis onseker of die egpaar nou wel hul geld veilig in ’n bankkluis geplaas het.

Bronne: emirates247.com, business-standard.com, afp.com