Richard het twee van sy groot liefdes – tuinmaak en sy kat, Tolly, – op ’n merkwaardige manier kombineer.

“Tolly was ’n sterk karakter, betreklik vreesloos maar met ’n liefdevolle hart,” het Richard in ’n onderhoud met weather.com gesê. Maar sy 12-jarige geliefde kat se afsterwe in Februarie het ’n groot leemte gelaat.

Tot waar Richard eendag ’n struik wat danksy snoeikuns soos ’n wolk gelyk het. Dit het hom aan ’n slapende dier herinner en voor die volgende takkie gesnoei kon word, het Richard met ’n blink idee na vore gekom.

Hy’t besef dit sou baie maklik wees om daardie kunstige struik met behulp van Photoshop in ’n kat te verander. Die resultate was eenvoudig verstommend. Selfs mense wat bekend was met Hall Barn in Beaconsfield, Engeland, het die gemanipuleerde foto vir die waarheid aangesien.

Dit neem hom glo tot drie dae om een van hierdie digitale kunswerke te skep. Dié is Richard se gunsteling en boonop sy eie tuin.
Wat kan dan ’n mooier agtergrond wees as ’n lowergroen Engelse tuin?

A photo posted by Kellie (@kelliecoffeequeen) on

Menige katteliefhebber sal met dié foto kan identifiseer – ’n luilekker slapie, enige plek, enige tyd.

A photo posted by People's Daily (@peoples_daily) on

Selfs ’n hommeltuig lewer ’n bydrae tot Richard se kunswerke.

Wat ’n wonderlike verwelkoming!

Motorliefhebbers sal weet dis nie net katte wat spin nie. Hierdie klassieke motor se enjin doen dit ook.

Hy geniet dit boonop om oomblikke soos dié te skep. Hier is Richard met sy digitale vriend, Topiary Cat.

Alhoewel daar talle ooreenkomste tussen Tolly en die Topiary Cat is, bestempel Richard sy digitale kat as onsterflik. En daar wag gewis nog talle avonture op Topiary Cat!

Bronne: dailymail.co.uk, weather.com, huffingtonpost.com