Wil jy jou kinders (of jouself) met iets soets maar gesonds bederf? Checkers het ’n reeks gesonde resepte en hierdie grondboontjiebotter-smoothie is boaan die lys.

Genoeg vir 4 mense

Dis wat jy gaan nodig kry:

  • 2 piesangs
  • 2 klein rooi appels
  • 18-20 ml (ruim 1 e.) grondboontjiebotter
  • 500-750 ml (2-3 k) gewone jogurt

Maak so:

Kap die appels fyn met die skil aan. Sit al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Giet in vier klein glase en bedien. Voeg ’n bietjie laevetmelk of water by as jy dit ’n bietjie dunner wil hê.

  • Klik hier vir nog voedsame Checkers-resepte vir kinders.

- Resep en foto deur Lesley Scott vir Checkers.