Kyk net hoe heerlik lyk hierdie sjokoladebrood. Jou kinders sal gek wees daaroor en sal beslis self ook terugkom vir nog ‘n sny.

  • Genoeg vir 6 of meer mense
  • Bereidingtyd: 5 minute
  • Rystyd: 1 uur
  • Baktyd: 40 minute

Jy benodig:

  • 750 ml (3 k) meel
  • 60 ml (¼ k) suiker
  • 15 ml (1 e) droë gis
  • ’n knippie sout
  • 250 ml (1 k) warm water
  • 45 ml (3 e) olie
  • 2 eiers
  • 80 ml (? k) sjokoladesmeer
  • 1 eier geklits met 5 ml (1 t) water

Maak so:

  1. Meng die meel, suiker, gis en sout in ’n groot bak.
  2. Klits die water, olie en eiers in ’n kleiner bak saam tot goed gemeng. Gooi die watermengsel oor die meelmengsel en meng tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Knie die deeg tot glad op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Voeg nog meel by, indien nodig, om ’n ferm deeg te vorm.
  4. Verplaas die deeg na ’n geoliede bak, bedek met kleefplastiek en laat rys 1 uur of tot die volume verdubbel het op ’n warm plek.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 9 x 5 cm.
  6. Rol die deeg uit in ’n reghoek van 32 x 40 cm. Smeer met die sjokoladesmeer en los ’n rand van 2 cm rondom. Begin aan een van die korter kante en rol die deeg op. Knyp die kante om dit te verseël.
  7. Verplaas die deeg na die voorbereide bakpan en verf met die eiermengsel. Bak 40 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word.

Klik hier vir hierdie en nog ander smullekker Huisgenoot-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.