[caption id="attachment_58762" align="aligncenter" width="599"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Melinda kon skaars wag om foto’s van dié spesiale oomblik op Instagram en Facebook te deel. En kyk net daardie knewel van ’n diamant!

Melinda het ook ’n foto getwiet van haar en haar pa, Neil Bam. Hy werk in Doebai.

“Ek is die gelukkigste man wat leef @melindabam het ja gesê!” het Adriaan opgewonde getwiet. Hy het ook vertel dat daar maande se beplanning en ontwerp in die verloofring belê is, en Melinda is duidelik dol daaroor. “Ek is die gelukkigste meisie wat leef! Ek is verloof aan die liefde van my lewe @adriaanberghsa. Ek soek ’n huwelik pragtiger as ons troue en ring; #wareliefde.” Veels geluk julle twee!

Klik hier om te hoor hoe die paartjie vroeër in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel het van hul liefde en eerste soen.