’n Smokkelaar is in China gevang met 94 iPhone-selfone aan sy lyf vasgebind.

Die man se ongewone postuur terwyl hy stap het die doanebeamptes in die stad Shenzhen se aandag getrek terwyl hy Sondagaand van China na Hong Kong probeer reis het, het China se staatsmedia berig.

Luidens berigte het dit gelyk of iets swaar hom afrem, al het hy net twee plastieksakke vasgehou. Hy is deursoek toe die metaalverklikker soos dié by lughawens ’n geluid maak toe hy deurstap.

Die foto’s wat Chinese beamptes uitgereik het, wys hy het die fone sonder hul boksies aan sy lyf en bene vasgebind. Die fone was onder meer iPhone 6, 6+ en die ouder iPhone 5.

Bronne: Sky News, ABC News, Twitter