Die Britste rockgroep Smokie is terug, wel amper, en dit als te danke aan Select Musiek.

Heinz Winckler en Nicholis Louw span saam om hierdie groep te laat herleef met hul weergawe van Living Next Door To Alice.

Die musiekvideo is twee weke gelede in Krugersdorp, net buite Johannesburg verfilm en Nicholis Louw speel die ou wat al vir jare op Alice verlief is.

“Omdat dit ‘n duet is het hulle gedink dit sal oulik wees as ek dan die buurman speel wat my vriend help om oor sy verlore liefde te kom,” vertel Heinz.

Vir die slottoneel moes Heinz kitaar speel terwyl die kamera op sy hande fokus - iets wat volgens die blonde sanger veel moeiliker is as wat dit lyk.

“Ek kan kitaar speel maar hierdie was nogal moeilik. Gelukkig het Nicholis my mooi gehelp en kon ons dit na die vyfde probeerslag reg kry,” lag Heinz.

Kyk die musiekvideo: