Sy het sewe maande terug vir die eerste keer ma geword.

Maar die Israeli model Bar Refaeli het nie op haar laat wag nie. Haar tweede kind is reeds op pad, berig Vogue. Sy het haar swangerskap verlede week op Instagram aangekondig deur ’n foto van haar babamagie met haar meer as 2, 5 miljoen aanhangers te deel. “Iets is aan die broei,” het die 31-jarige model by die foto geskryf.

Something's cooking ...

A post shared by Bar Refaeli (@barrefaeli) on

Bar en haar man Adi Ezra se dogtertjie, Liv is verlede jaar in Augustus gebore. Die egpaar het in September 2015 getrou.

I want to marry you. Everyday. All over again. ?

A post shared by Bar Refaeli (@barrefaeli) on

Bar wil glo graag ’n groot gesin hê omdat sy self deel was van ’n gesin met vier kinders, berig Mail Online. Die blondekop het al vir onder meer Chanel, Escada en Reebok modelwerk gedoen. Sy was ook al op talle tydskrifvoorblaaie en was selfs destyds in die Suid-Afrikaanse Sports Illustrated te sien.

Au Naturale

A post shared by Bar Refaeli (@barrefaeli) on

Flashback. @si_swimsuit 2009

A post shared by Bar Refaeli (@barrefaeli) on