Toe 'n Koreaanssprekende man Dinsdag hom bo-op die vyfde verdieping van 'n parkeerterrein op Los Angeles se internasionale lughawe bevind, wou hy net een ding doen: sy lewe neem.

Gelukkig is die skrikwekkende oomblik op kamera vasgevang waar die man reeds op die piepklein lysie aan die buitekant van die parkeerterrein staan. Lughawepolisie het hulle na die toneel gehaas. Mike Dear, Daniel Krockel en Bartolo Castro was van die polisiebeamptes op die toneel. Dit was egter nie die einde van die ongelukkige situasie nie. Nie een van die polisiemanne op die toneel kon die man verstaan nie, want nie een van hulle praat sy taal nie.

Gelukkig het Mike kopgehou en 'n app op sy sy slimfoon ingespan om te help: Google Translator.

Lees ook: Gee depressie 'n bloedneus

Hy en Daniel het saamgespan en kon vaagweg 'n idee kry waarom die man wou spring. Terwyl hulle met behulp van Google Translator "gekommunikeer" het, het hulle hom uitgelok om na die app op die slimfoon te kom kyk.

Lees ook: Waarvoor jy op die uitkyk moet wees wat selfdood betref

So het die twee polisiemanne dit regkry om hom te oorreed om van die lysie af en terug oor die muur te klim.

Binne oomblikke het Bartolo en Daniel hom gegryp om te verhoed dat hy óf omdraai en weghardloop óf doen wat hy aanvanklik wou doen: om te spring.

Kyk die video hier:

Bronne: abc7.com, yahoo.com, newsinfo.inquirer.net