Digitale kameras maak dit maklik om letterlik duisende foto’s van jou kroos te neem. Jy wil tog seker nie hê al dié kiekies moet net lê en digitale stof vergaarder nie? Hier is ’n paar slim planne wat ons op Pinterest opgespoor het.

Stringe foto’s

Maak foto’s aan stringe lint of wol vas en skep so ’n oulike atmosfeer. Hang dit teen ’n muur of laat dit sommer losserig van die plafon af hang. Gebruik goedkoop wasgoedpennetjies om dit vas te steek.

Hart se punt

Rangskik jou gunstelinggesinsfoto’s in die vorm van ’n hart teen ’n kaal muur.

Jou eie jaarboek

Kies aan die einde van elke jaar jou gunstelingfoto’s en laat druk jou gesin se eie jaarboek. So kan jy alles mooi bymekaarhou en hoef jy nie tussen honderde rekenaarleêrs te snuffel op soek na jou gunstelingfoto’s nie.

Klipkuns

Maak dié oulike papiergewiggies van gewone rivierklippies.

Die hart van die huis

Staan sommer ’n hele muur af aan jou gesinsfoto’s!

Uitgestal

Stal jou foto’s saam met nog kosbaarhede op ’n rak iewers in jou huis uit. So kan jy maklik die foto’s in die rame vervang of dit rondskuif nes jy wil.

Modelmooi gesin

As jy gelukkig genoeg is om professionele foto’s van jou gesin te hê, hoekom spog jy nie so ’n bietjie daarmee nie? Laat druk die mooiste foto’s op reuse skilderdoeke uit en stal dit uit soos kuns.

Iets van alles

Gebruik ’n enorme raam soos dié wat letterlik honderde verskillende foto’s kan uitstal. Jy kan selfs vir elke kind so een laat maak op hul verjaardag; wat ’n spesiale geskenk!

Gebottelde herinneringe

Gebruik leë glasbottels vir ’n unieke fotoraam.

’n Raam wat netjies pas

Vir ’n meer gesofistikeerde voorkoms, kan jy ’n verskeidenheid gesinsfoto’s in soortgelyke rame teen ’n muur uitstal.

Trippe trappe foto’s

’n Trap is die ideale plek om foto’s uit te stal. Raak kreatief met die vorms waarin jy dit teen die muur vasmaak.

Venster na die siel

Gebruik ’n ou vensterraam vir ’n landelike gevoel.

Knyp dit vas

Jy kan jou foto’s maklik en goed koop met knyperborde uitstal. Jy kan boonop baie maklik die foto’s vervang of nuwes bo-op die oues vasknyp.

Aansteeklik

’n Aansteekbord maak dit ook maklik om foto’s uit te stal. Jy kan die foto’s na hartelus rondskuif en sommer ander aandenkings soos konsertkaartjies of kinderkuns saam met die foto’s vas.