[caption id="attachment_79818" align="aligncenter" width="468"]Foto: Pavlok.com Foto: Pavlok.com[/caption]

Die Pavlok-armband, wat volgende jaar bekendgestel word,  stuur ’n elektriese skok deur jou liggaam elke keer dat jy ongehoorsaam aan jou oefenplan is, berig BuzzFeed.

Op die omstrede armband se webtuiste verduidelik die vervaardigers dat dit jou “jou voornemens ’n werklikheid help maak”.

Die armband werk saam met ’n spesiale app wat die gebruiker op hul selfoon aflaai en wat saam met hul selfoon se wekker werk. Jy voer jou doelwitte, soos om vroeg op te staan om te gaan gim, op die app in en as jy dit waag om daardie snooze-knoppie te druk,  stuur die armband ’n elektriese skok deur jou liggaam om jou te dwing om op te staan.

Pavlok se uitvoerende hoof het in ’n bemarkingsvideo vir die produk gesê ’n idee is soms verspot genoeg dat dit werk, en dat hulle glo dit die geval gaan wees met die Pavlok-armband.

As jy die armband nou bestel, sal dit jou sowat R1 580 uit die sak jaag.

Bronne: Pavlok.com, buzzfeed.com, Huffington Post