Cahty Bernstein (57) van die Amerikaanse deelstaat Florida het gedink sy kan ewe ongeërg spore maak nadat sy in 'n vragmotor en nog 'n voertuig vasgery het. Maar toe gaan staan en 'verklik' haar eie motor haar by die polisie!

Haar Ford se noodwaarskuwingtegnologie SYNC het nie net haar besonderhede en ligging aan die polisie verskaf nie, dit het haar outomaties na die polisie se oproepsentrum deurgeskakel.

Cathy het dit eers ontken, maar die telefoonoperateur is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. "Jou motor sou ons nie gekontak het as iemand voor jou ingery het sonder dat daar 'n botsing was nie" is aan haar gesê.

Boonop was die polisie juis in daardie tyd besig om 'n tref-en-trapongeluk te ondersoek nadat Anna Preston die polisie ontbied het.'n Swart Ford het glo "haar voertuig getref het en haar Kersgeskenke ruineer."

Toe die polisie Cathy se motor vind, was die voorkant flenters en stukke van Anna Preston se voertuig se silwer verf het baie duidelik haar flou verskonings van 'n boom wat sy getref het, net daar en dan kortgeknip.

Eers toe Cathy finaal erken het dat sy Anna se voertuig getref het, het sy ook erken dat sy van 'n vorige botsing weggejaag het.

Bronne: nydailynews.com, abreakingnews.com