1.       ’n Taak as betaling

[caption id="attachment_3674" align="alignnone" width="300"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Sukkel jy met kinders wat nie hul klere en speelgoed optel nie? Skep ’n tuisgemaakte “skut”. Dit kan so eenvoudig soos ’n boks of mandjie wees, en alles wat rondlê, word geskut. As hulle dit wil terughê, moet hulle een van die take in die huis voltooi.

2.       ’n Aansteekbord vir take

[caption id="attachment_3675" align="alignnone" width="250"]Gespeld van iheartnaptime.net Gespeld van iheartnaptime.net[/caption]

Stel ’n lys take op en maak ’n aansteekbord soos in die foto met harde karton en kleurryke blokke. Sodra ’n kind al die take verskuif het van “moet doen” tot “klaar gedoen”, kan jy ’n beloning bied soos ’n uur se videospeletjies of ’n ekstra storie voor slaaptyd.

3.       Verdeel en oorwin

Is daar te veel om in die huis te doen? Het jy meer as een kind wat moet leer om hul deel te doen? Verdeel die huis in gebiede soos in die foto, skep take vir elke gebied en verdeel die gebiede onder die kinders. Hulle kan die take gebiede om die beurt behartig. Die oudste kan byvoorbeeld een week die leefvertrek netjies hou en die jongste die slaapkamer, dan ruil hulle ná ’n week om.

[caption id="attachment_3676" align="alignnone" width="225"]Gespeld van babble.com Gespeld van babble.com[/caption]

4.       Bied ekstra sakgeld in ruil aan

[caption id="attachment_3678" align="alignnone" width="199"]Gespeld van thechicsite.com Gespeld van thechicsite.com[/caption]

Wees slim en voeg die geld by die aansteekbord sodat jou kinders kan sien hoeveel hulle vir elke taak kan verdien. Jy kan ook die waarde van elke taak op ’n taakkaart skryf. Dit is ’n wonderlike manier om jou kinders die waarde van geld te leer.

5.       Maak ’n speletjie daarvan

[caption id="attachment_3677" align="alignnone" width="300"]Gespeld van buzzfeed.com Gespeld van buzzfeed.com[/caption]

Sukkel jy om jou kinders te motiveer? Skep ’n speletjie en bied aan die einde ’n prys. Vul ’n bak met tafeltennisballe en skryf ’n taak op elkeen. Gee jou kinders ’n halfuur om ’n bal te kies en die taak af te handel. Die kind wat aan die einde van die halfuur die meeste take afgehandel het, wen ’n prys.

Besoek ons Pinterest-bord getiteld Chores/Help in die huis vir nog idees.

- Dalena Theron

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.