’n Australiese kredietmaatskappy het ’n slim nuwe beursie ontwerp wat toeklap om te keer dat jy te veel geld uitgee.

Volgens Time was die maatskappy Credit Card Finder geskok toe hulle bevind dat sowat twee uit drie kredietkaarthouers elke maand meer as R5 500 bestee en dat byna die helfte van hulle nie dié skuld afbetaal nie.

Die beursie gebruik GPS-data om die LED-liggies daarop te laat flits elke keer dat jy naby ’n “gevaarsone” is. Dit stuur boonop boodskappe aan “verantwoordelike naasbestaandes” indien jy in dié gevaarsones is en knip bot toe tydens spitstye vir geld uitgee.

Bron: Time magazine