in die lig van een van Suid-Afrika se droogste seisoene in onlangse jare. Die erns van die droogte wat Suid-Afrika getref het, het die organiseerders van Slide the City laat besluit om die geleentheid uit te stel. “Selfs al is elke poging aangewend om te sorg dat daar geen watervermorsing sou wees nie, neem ons waterbewaring uiters ernstig op. Ons is almal deeglik bewus van die omvang van die droogte,” sê Minette Ferreira, hoofbestuurder van Huisgenoot, YOU en Drum.

"Die volumes water  wat gebruik sou word, sou onbeduidend gewees het”

Ondrinkbare water sou gebruik word vir die geleenthede wat vir verskeie stede in die land beplan is. Die water sou herwin word nadat dit gebruik is en versprei word na waar die gasheerstede dit die nodigste het. Verskeie kenners het die voordele van die geleentheid uitgelig. “Die volumes water  wat gebruik sou word, sou onbeduidend gewees het,” sê Simon Bundy van SDP Ecological and Environmental Services, ’n organisasie wat sedert 1999 in die omgewingsektor werk. Bundy voeg by dat die geleentheid tot toerisme en werkskepping sou bygedra het. “Ek sou eerder vra of hulle plaaslike mense in diens neem en bydra tot die ekonomie?” Jannie de Villiers, hoof van Graan SA, gee verdere konteks: “Wat sal gebeur as jy 35 000 liter water aan ’n boer gee? Dit sal nie ’n verskil maak nie. Dalk vir ’n huishouding, maar dit sal geen verskil aan die landbousektor maak nie.”

"Ons glo die besluit is die regte roete om te volg"

Maar as trots Suid-Afrikaanse handelsmerke glo Huisgenoot, YOU en DRUM alle Suid-Afrikaners moet daarop ingestel wees om water te bewaar en Slide the City kan dalk afbreuk doen aan hierdie boodskap.

“Ons weet baie mense sal teleurgesteld wees omdat dit uitgestel word, gegewe ons kaartjieverkope, maar ons glo die besluit is die regte roete om te volg terwyl ons almal ons deel vir waterbewaring in Suid-Afrika doen,” sê Minette.

Mense wat kaartjies gekoop het, kan dit hou tot ’n nuwe datum bekendgemaak word of dadelik hul geld terugkry.

Om dadelik jou geld terug te kry:

- Gaan na ’n Shoprite, Checkers, House & Home of Computicket as jy jou kaartjie gedruk het vir ‘n volle terugbetaling.

- As jy nie jou kaartjie gedruk het nie, kontak Computicket se oproepsentrum by 0861-915-8000 om jou geld op jou kredietkaart te laat terugplaas.