. Hierdie somer sal die 304 m lange glybaan talle plekke in Suid-Afrika besoek sodat gesinne en vriende die somer kan ingly. Slide the City is ook bedag op waterbehoeftes, veral in droogtegeteisterde gebiede, waar daar kommer is oor waar die water vandaan kom en waarheen dit gaan ná die geleentheid. “Ons is toegewyd daartoe om geen omgewingsimpak te hê op die gemeenskappe waar ons is nie,” sê die Slide the City-organiseerder Minette Ferreira.

“Ons wil ’n veilige en volhoubare ervaring vir al ons deelnemers skep"

“Ons wil ’n veilige en volhoubare ervaring vir al ons deelnemers skep; dus is een van ons grootste bekommernisse verantwoordelike waterverbruik."

Daarom is die glybaan ontwerp om water bedags te herwin pleks van nuwe water die glybaan binne te pomp. Die water word behandel op ’n veilige en omgewingsvriendelike wyse met min tot geen lekkasie, en word teruggegee aan die gemeenskap ná die geleentheid; in werklikheid “leen” ons die water.

Die glybaan se water word deur die loop van die dag deur ’n sterk filtrasiesisteem gesit wat dit binne 30 minute suiwer tot die gehalte van drinkwater.

Boonop is die opvangswembad aan die einde van die glybaan nie ’n swembad nie, maar ’n plaspoel wat hoogstens 50 cm diep is. Dit bekamp vermorsing. Dit, sowel as die algehele ontwerp, verminder die uitwerking en waterverbruik.

KLIK HIER vir 'n aflaaibare infografika oor Slide the City se waterverbruik

Hoeveel water word gebruik?

’n Gemiddeld van 35 000 L water word tydens die geleentheid by die munisipaliteit ‘geleen’ en deur die glybaan se sisteem gesirkuleer. Ter vergelyking: die deursnee huishoudelike swembad (5 m x 5 m x 1,5 m diep) bevat 37 500 L water. Slide the City werk saam met munisipale amptenare om behoorlike waterbeheer te verseker.

Waar kom die water vandaan?

  1. In Ballito sal die Sugar Rush-plaas se boorgatwater gebruik word.
  2. In Kaapstad sal fonteinwater na die geleentheid aangery word.
  3. In Johannesburg, Nelspruit, Knysna, Pretoria en Port Elizabeth sal die brandweer water voorsien.

Waarheen gaan die water ná die geleentheid?

  1. In Ballito word die water teruggesirkuleer in die Sugar Rush-plaasstelsel.
  2. In Kaapstad word die water teruggepomp in watertenks en aan die munisipaliteit geskenk.
  3. In Kaapstad, Johannesburg, Nelspruit, Knysna, Pretoria en Port Elizabeth word die water deur die filtrasieproses gesit en dan in houers aan die munisipaliteit gelewer om te gebruik na goeddunke.
  4. Die water by die Ballito geleentheid word ook deur hierdie filtrasie proses gesit voordat dit terug in die plaas se waterstelsel geplaas word.

Besoek www.slidethecitysa.co.za vir nog inligting oor Slide the City, insluitend datums en plekke.