Die rolprentbase David Benioff en D.B. Weiss het gewoonlik in Julie met die verfilming van die treffer-fantasiereeks begin op plekke soos Noord-Ierland, Spanje, Kroasië, Ysland en Kanada, maar hulle is genoop om vanjaar se verfilming uit te stel ten einde seker te maak van swakker weerstoestande vir die sewende seisoen.

Die skeppers van die reeks voorspel dat aanhangers ’n bietjie langer sal moet wag as gewoonlik voor hulle die lot van karakters soos Jon Snow, Cersei Lannister en Daenerys Targaryen, onderskeidelik uitgebeeld deur Kit Harington, Lena Headey en Emilia Clarke, te wete sal kom.

“Ons het nog nie ’n uitreikingsdatum nie, maar dit gaan moontlik vanjaar ietwat later wees,” het hulle tydens ’n geselsie op die UFC-potgooi verklaar.

“Ons begin ’n bietjie later (met die verfilming) want die einde van hierdie seisoen, die winter, het aangebreek en dit beteken dat sonnige weer nie meer aan ons vereistes voldoen nie, dus het ons alles teruggeskuif ten einde ysige, gure weer te kry – selfs op die sonniger plekke waar ons opnames maak.”

Game of Thrones het altyd laat in Maart of in April verskyn. Aanhangers sal, benewens die later uitsaaidatum, ook minder episodes kry om te verteer, aangesien Benioff en Weiss tevore verklaar het die laaste twee seisoene sal uit 13 episodes elk bestaan pleks van die gewone 10.

Die reeks, gegrond op die boekereeks deur George R.R. Martin, sal ná die agtste seisoen eindig.

Ander belangrike name in die rolverdeling is Peter Dinklage, Nikolaj Coster-Waldau, Sophie Turner, Maisie Williams, Gwendoline Christie en Alfie Allen.

© Cover Media