Die voormalige Bok-losskakel Derick Hougaard het onlangs op Twitter bekendgemaak hy gaan nie weer sy rugbystewels kan aantrek nie. Dit volg nadat hy vroeër gesê het hy oorweeg dit om weer rugby te speel, maar dat sy dokter eers die groen lig hiervoor moet gee. Ongelukkig het Derick se neuroloog bepaal hy kan nie weer beroepsrugby speel nie.

“Dr. Kruger is ’n masjien van ’n man, maar ongelukkig is dit slegte nuus,” het Derick op Twitter geskryf.
Hy het ook ’n hartroerende nota aan sy seuns gelaat waarin hy sê hy hoop om hulle steeds te leer om nooit op te gee nie.

Huisgenoot het verlede jaar Junie berig toe Derick sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig het.

Lees ook: Derick Hougaard: ‘Grootste pot #€¥£#% wat ek al in my lewe gehoor het’