Volgens die Britse koerant ?The Telegraph het die 45-jarige Schumacher se vrou, Corinna, en sy broer, Ralf, breinspesialiste van oral in Europa geraadpleeg, wat meen dat sy kanse op herstel skraal is.

Schumacher is reeds 69 dae in 'n kunsmatige koma sedert die ski-ongeluk waarin hy erge breinbeserings opgedoen het.

Volgens die koerantberig het die Franse dokters, wat Schumacher behandel, nie veel hoop dat hy sal herstel nie en het hulle reeds aanvaar dat die sewemalige Formule Een-kampioen vir die res van sy lewe in 'n vegetatiewe staat sal verkeer.