Die repokoers is die rentekoers waarteen die Reserwebank geld aan kommersiële banke leen.

Die vooruitsig op ekonomiese groei het sedert die vorige vergadering van die monetêrebeleidskomitee versleg, het sy aan verslaggewers in Pretoria gesê.

In Januarie het die komitee die repokoers met 50 basispunte tot 5,5 persent opgestoot. In Maart en Mei het die repokoers onveranderd gebly.

'n Aankondiging van die banke oor wanneer hulle die rentekoers gaan aanpas word binnekort verwag.